Die baba slaap rustig met haar koppie versigtig neergelê op ’n swart motorfietshandskoen. Agter hom is ’n motorfietsvalhelm ook duidelik sigbaar.

[caption id="attachment_129215" align="alignnone" width="605"]Foto:  Gofundme/Support for Baby Aubrey and Mommy/ Kim Stone Foto: Gofundme/Support for Baby Aubrey and Mommy/ Kim Stone[/caption]

Dis egter die storie agter hierdie foto wat besig is om wêreldwyd mense na hul hart te laat gryp.

Hector was glo ’n lewenslustige 25-jarige en ’n kranige motorfietsryer. Hy en sy verloofde, Kathryn Williams, het gereeld op pretritte gegaan.

Maar alles het verander toe Hector in April vanjaar in ’n skietery in Florida doodgeskiet is. Hy en Kathryn was ook van plan om te trou ’n week voor Aubrey haar opwagting sou maak.

[caption id="attachment_129216" align="alignnone" width="600"]Foto: Gofundme/Support for Baby Aubrey and Mommy Foto: Gofundme/Support for Baby Aubrey and Mommy[/caption]

Hector is egter dood voor hy enigiets hiervan kon beleef.

Omdat Hector en Kathryn nooit wettig getroud was nie, word sy nie as sy weduwee beskou nie; daarom kwalifiseer sy nie vir finansiële ondersteuning uit sy boedel nie.

In ’n poging om geld vir baba Aubrey in te samel het haar familie nou ’n GoFunMe-blad op die been gebring.

[caption id="attachment_129217" align="alignnone" width="600"]Foto: Gofundme/Support for Baby Aubrey and Mommy Foto: Gofundme/Support for Baby Aubrey and Mommy[/caption]

Op die blad staan “(Hector) het gretig uitgesien na die veranderinge in sy nabye toekoms wanneer hy ’n eggenoot en pa sou geword het.”

“Hy het altyd beskermende drag gedra wanneers hy motorfiets gery het omdat hy so op veiligheid ingestel was en om ’n goeie voorbeeld te stel.”

Volgens Yahoo News is Hector deur “iemand wat hy as ’n vriend beskou het” om die lewe gebring.

Bronne: Metro.co.uk, Yahoo News