Dis nogal waaghalsig om daarop aanspraak te maak dat ’n album die grootste Afrikaanse treffers ‘‘ooit’’ bevat. Musiekliefhebbers se mening oor wat die bestes onder die beste is, ver-skil immers.

Maar Sony Music se dubbelalbum Die Grootste Afrikaanse Treffers Ooit maak beslis ’n waardige aanspraak op die ambisieuse titel. Onder die 42 liedjies tel Theuns Jordaan se Soos Bloed, Robbie Wessels se Leeuloop, Gerhard Steyn se Baby Tjoklits, Jak de Priester se Sally Williams Nougat, Bok van Blerk se De la Rey en Dozi se Ou Ryperd.

Dis moontlik dat van jou gunsteling-liedjies dalk nié daarop verskyn nie, maar dis inderdaad ’n indrukwekkende treffersparade.

Wat sal jou top Afrikaanse treffers wees? Gee jou opinie in die kommentaarveld hieronder?