Woensdag het ’n video soos ’n veldbrand versprei waar hy dit op die dansvloer uitkap in ’n nagklub in die ski-oord Verbier. Nou laat nóg ’n video van die prins die oë rek. Geskokte Britse toeriste sê hulle het Wills afgeneem terwyl hy op die dansvloer met nie een nie, maar twee skoonhede dans. Op ’n kol terwyl hulle dans sit die pa van twee boonop sy hande op ’n vrou se heupe terwyl haar hand op sy arm rus.

A post shared by Sunil Hatwal (@sun_hwr) on

Ons sal wed Kate is glad nie gelukkig hieroor nie! In nog beeldmateriaal gryp hy glo ’n vrou, vermoedelik die Australiese model Sophie Taylor, se cowboy-hoed van haar kop af en sit dit op syne, berig The Sun. Dis glo ook Sophie wat die sexy slut-drop-danspassie voor hom uitvoer – waar jy so laag hurk as wat jy kan en dan weer vinnig opskiet. Hy het die middag ook saam met Sophie en haar kêrel, die Britse sjef Aaron Goodfellow, uitgehang.

A post shared by Glen Krohn (@glenkrohn) on
Terwyl Wills in Switserland gefuif het, was sy vrou, Catherine, tuis in Engeland met hul kinders, prins George (3) en prinses Charlotte, wat in Mei twee word. “Dis veilig om aan te neem dat Kate glad nie gelukkig gaan wees hieroor nie,” sê Katie Nicholl, kenner van die koninklike familie. Een klubganger vertel hy het omtrent twee keer gekyk toe hy die prins in die klub gewaar: “Ek het besluit ek moet dit met my selfoon afneem, anders gaan niemand my ooit glo nie,” vertel dié.

A post shared by LIFE.RU #??? (@life.show) on

“Hy en ’n baie aantreklike blondine het op hip-hop gedans en hy het uitgehaal en gewys. Hy het soos ’n pa gedans. Ek is nie seker of dit die drankies was nie, maar dit het nie gelyk asof hy omgee hoe hy lyk nie, en ek het nooit enige sekerheidsouens gesien wat ’n oog oor hom of sy drie pelle hou nie.” William loop onder kritiek deur nadat hy die Gemenebesdag-diens in die Westminster-abdy misgeloop het om met sy pelle Guy Pelly, James Meade en Tom van Straubenzee, uit te hang. Die ander senior koninklikes was almal vir die diens teenwoordig. William het Maandagaand terugkeer huis toe en gister na sy werk as helikoptervlieënier. Kate gaan beslis nie gelukkig wees oor die jongste videos nie, sê Katie, veral omdat sy tuis gelos word met die kinders terwyl hy rondfuif met sy pelle – iets wat Kate glo haat.

A post shared by @princegeorgeandcharlotte on

“Dit is beslis nie die beeld wat Kate vir die wêreld wil wys nie,” sê sy. “En Guy Pelly se hoogswanger vrou, Lizzie, is glo baie, baie ongelukkig oor die foto’s van hulle wat uithang met die twee blondines.”

BRONNE: THESUN.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK, NEWS.COM.AU