Tydens ’n partytjie waar bekendes teenwoordig was in Glastonbury, Engeland, het Brad (53) alte gemaklik geraak met die bekende Britse aktrise Sienna Miller (35). 

Sienna en Brad het alte lekker in Engeland gekuier. Foto: Getty Images

Gerugte het in April die ronde gedoen dat Brad en Sienna ’n paartjie is, maar hulle het dit gedurig ontken, berig Daily Mail

Volgens The Sun het hulle hande vasgehou en was besig om intieme gebare uit te voer tydens die Glastonbury-musiekfees.

“Brad het ’n lae profiel tydens die fees gehandhaaf, maar het sy verskyning om 03:00 die oggend gemaak om met Sienna te kuier. Sienna, Brad en hul gemeenskaplike vriende, Bradley Cooper en Noel Gallagher het in ’n privaatkroeg gekuier,” vertel ’n bron aan Thesun.co.uk

Brad en Angeline Jolie het in Augustus verlede jaar aangekondig dat hul paaie gaan skei. 

Hulle het ses kinders saam: Maddox, Pax, Zahara, Shiloh, Vivienne en Knox.

Sienna en haar voormalige verloofde, Tom Sturridge, se paaie het in September 2015 geskei ná ’n verhouding van vier jaar. 

Bronne: Daily Mail, Thesun.co.uk, News.com.au