[caption id="attachment_161819" align="alignnone" width="600"]Foto: Getty Images Foto: Getty Images[/caption]

Volgens berigte het die 53-jarige akteur sy beroemde eks gekontak nadat hy haar telefoonnomer deur ’n “verstrengelde web” van kontakte gevind het, berig US Weekly.

Dit was glo om haar op 11 Februarie met haar 48ste verjaarsdag geluk te wens.

Hulle het na bewering ’n paar teksboodskappe uitgeruil en Brad het Jen “in sy vertroue” geneem oor sy paadjie wat van Angelina geskei het.

Die twee was aan en af in kontak sedert hulle in 2005 uitmekaar is nadat Brad die Friends-aktrise gelos het toe hy tydens die verfilming van die aksiefliek Mr & Mrs Smith op Angelina verlief geraak het.

“Ons praat nog met mekaar. Sy was ’n groot deel van my lewe en ek van hare,” het Brad in 2009 tydens ’n onderhoud met die tydskrif W oor Jen gesê.

jenniferUntitled

Jennifer se man, die akteur Justin Theroux (45), is glo glad nie jaloers nie en oukei met die twee wat praat.

Justin en Jennifer is in 2015 getroud nadat hulle op die stel van die 2012-komedie Wanderlust ontmoet het. “Justin is oukei met hulle wat net vriende is, want hy weet Jen wil net gaaf wees,” sê ’n bron.

Angie het intussen op Good Morning America gesê sy en Brad, wat ses kinders saam het, “fokus op die welstand van ons gesin” ná hul paadjies geskei het. “Ons sal sterker hierdeur kom, want ons is vasbeslote om dit reg te kry.”

Bronne: dailymail.co.uk, thesun.co.uk, usmagazine.com