Geen ouer wil erken sy kind rook skelm of het reeds seks gehad nie.

Maar nou is dit bewys: Die meeste Suid-Afrikaanse kinders is al in gr. 11 seksueel aktief, 20 persent is in

hul eerste vier hoërskooljare al rokers en byna 25 persent is dalk depressief.

En dis nie sommer uit die lug gegryp nie – dis die uitslag van ’n landwye ondersoek onder 10 270 skoolkinders van gr. 8 tot 11 wat die Mediese Navorsingsraad vir sy 2008-jeugrisikoverslag gedoen het.

Moet ook nie die fout maak om te dink dit gaan maar net so met ander mense se kinders nie.

Die ondersoek is onder kinders van 23 uiteenlopende skole in elk van die nege provinsies gedoen, en kenners bevestig die resultate strook met wat hulle elke dag in die praktyk sien.

Maar hoe praat jy met ’n driejarige oor seks of drankmisbruik? Die beste is om die gesprekke in die alledaagse omgewing te voer.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 13 Mei 2010

Bespreek vir Skouspel!