Dean Smith

Dié nuweling het Dinsdag sy debuut in Ruiterbosch gemaak as Wade Ferreira. Een ding is seker: Die mannetjie gaan die kykers behoorlik laat swymel. Maar jammer, mense; hy's reeds gevat. Sy meisie, die aktrise Vashti Prins, is in die sepie te sien as Danielle Hendricks, die kantoorassistent by Suidooster Eiendomme.

Eden Classens

Eden, wat die kelner Justin speel, is te lief daarvoor om sy klere te laat waai op Instagram. En hoe anders? Dié spiertier is immers ’n model vir Boss Models. En hy is duidelik ook nie skaam om lyf te wys wanneer hy werk nie.

Eden is ook die pa van ’n oulike hondekind, Frodo.

Irshaad Ally

Irshaad, oftewel Rhafiek Samsodien in die sepie, maak ons knieë lam! Maar hy het net oë vir een vrou, sy wederhelf, Ayesha.

Happy Friday All. Have a good one

A post shared by Irshaad Ally (@irshaadally) on

En hy's boonop net so fiks. . .

Week 2. #getfit #getbetter #dontstop #blackberry

A post shared by Irshaad Ally (@irshaadally) on

Marco Spaumer

Tim laat die aanhangers omtrent vasgenael sit.

Gantane Kusch

Kyk net daai glimlag! Dr. Siya Thuli het sommer vinnig in ons harte ingekruip. Die aantreklike Gantane was te sien as Gimba in die lokettreffer Noem My Skollie.

En die een wat weggekom het . . . 

Anton Jeftha

Teen die tyd dat jy dié artikel lees, is Anton, oftewel Rhafiek se tweelingbroer, Rhiyaaz, weer terug in Los Angeles, waar hy woon. Anton was tot vroeg vandeesmaand nog op ons kassies te sien. Hy is ’n model en akteur wat al in Amerikaanse TV-reekse soos Dominion en Homeland te sien was.

Happy New Year #focused #2017

A post shared by Anton David Jeftha (@antonjeftha) on

??

A post shared by Anton David Jeftha (@antonjeftha) on