Dit lyk of die wêreld se sorge van haar skouers afgerol het. Katie Holmes se oë vonkel weer, sy lyk stralend en glimlag

vir die eerste keer in ’n leeftyd.

Vir die meeste vroue is ’n egskeiding ’n nagmerrie, maar nadat sy jare lank onder Tom Cruise se duim geleef het, is die aktrise blykbaar net verlig dit is nou eindelik verby.

Daar was ’n huppel in haar stap met haar eerste openbare verskyning sedert die skoknuus dat sy ná ’n huwelik van vyf jaar van Tom wil skei en boonop alleentoesig wil hê oor hul dogter, Suri (6).

Tom se fortuin van by die R2 biljoen en sy portefeulje eiendomme is nie juis op die spel nie, want die egpaar het glo ’n waterdigte voorhuwelikse kontrak. Nee, die bitter skeigeding sal wesenlik ’n stryd om Suri se siel wees.

Lees Jane Vorster se artikel in Huisgenoot 19 Julie 2012 vir meer inligting oor wat agter die skerms aangaan.

Volg Huisgenoot op Twitter.