Picasso, ’n weggooihondjie van Oregan in die weste van Amerika, sou uitgesit word omdat niemand hom wou hê weens sy misvormde gesig nie.  

Hy is geteel deur 'n onverantwoordelike teler sonder 'n lisensie en is gebore met 'n kakebeen wat skeefgebuig is en misvormde gesig. Hy sou binnekort uitgesit word, maar danksy weldoeners by 'n diereregteorganisasie gaan hy hopelik eersdaags 'n nuwe gesig én tuiste kry.  

Luvable Dog Rescue beywer hulle vir diereregte en het besluit om Picasso en sy broer, Pablo, aan te neem. Hulle is ook besig met reëlings sodat Picasso 'n operasie kan ondergaan om sy gesig te herstel, waarna hy na 'n nuwe tuiste kan gaan.  

Nadat sy foto aanlyn versprei is, het Picasso wye reaksie ontlok. Sodra hy van sy operasie herstel het, sal een van die aansoekers wat hom graag wil huis toe neem, Picasso kan aanneem.

Bronne: BuzzFeed, Instagram, Luvuable Dog Rescue.