Toe Carly Dunn van die huis af universiteit toe trek, moes sy tot siens sê aan ’n baie spesiale vriend: haar geliefde hond, Bo.

Die eerstejaarstudent aan die Georgia-staatsuniversiteit het aan Buzzfeed vertel dit was “so hartseer” om haar goeie vriend agter te laat, want Bo is nie rasend oor afskeid neem nie.

carly 1

“Elke keer as ek uit die huis gaan, kyk hy my met so ’n hartseer uitdrukking op sy gesig aan asof ek hom letterlik vir aanneming opgee,” het Carly aan BuzzFeed News vertel.

“Partykeer moet ek hom bloot saamneem, want ek voel te sleg.”

Bo het Carly duidelik nie vergeet nie. Die hond kyk steeds daagliks deur die venster na Carly se ou skoolbus in die hoop dat sy vriendin dalk van die bus gaan afklim.

carly 3

Haar pa het Dinsdag vir Carly ’n foto van haar maat gestuur waarop Bo troosteloos deur die venster kyk en vir haar wag.

“Ek was so hartseer!” was haar woorde. “Ek het ’n boodskap teruggestuur: ‘Ag, Bo!’ ”

Die hond het elke dag ná skool angstig gewag dat Carly huis toe kom sodat hy haar by die deur kan groet. Die student (18) het besluit om die foto op Twitter te deel en dis dadelik deur die We Rate Dogs Twitter -rekening opgeraap.

carly 2
Die plasing is op hul bladsy gedeel en het meer as 16 000 hertwiets ingeoes, terwyl talle gebruikers hul hart uitgestort het.

Bo het 13/10 punte behaal omdat hy ’n goeie hond is.

Volgens Carly kon Bo nie sy opgewondenheid bedwing toe sy ná drie maande by die huis kom nie. “Hy het oor my gehardloop en aanhou om oor my te spring en my toegelaat om hom te streel,” het sy bygevoeg. “Wanneer ek opgehou het om hom te streel, het hy probeer om so na as moontlik aan my kom.”

Bronne: Metro.co.uk, Buzzfeed.com, Twitter