Die Twitter-gebruiker Kelsey Harmon se foto van haar oupa, wat sy “Papaw” noem, wat aandete eet, het soos ’n veldbrand op die internet versprei sedert sy dit Woensdag op die sosiale netwerk gedeel het.

“Aandete saam met Papaw vanaand,” het die student van Washington by die foto geskryf. “Hy het 12 burgers vir ses kleinkinders gemaak en ek’s al een wat opgedaag het. Lief vir hom.” En danksy Kelsey se hartroerende twiet is die internetgemeenskap nou ewe lief vir Papaw! Haar inskrywing is 123 000 keer hertwiet en meer as 200 000 mense het die like-knoppie daarvoor gekliek. Tesame met die pragtige boodskappe van ondersteuning vir Papaw, was daar ook haatboodskappe vir sy “nikswerd” kleinkinders wat nie opgedaag het nie, waarop Kelsey later getwiet het: “Ouens, ek belowe Papaw is oukei. Hy het al sy kleinkinders ewe lief. Hou asseblief op om vir my niggies en nefies doodsdreigemente te stuur. Alles is in die haak!”

Ander stories op Huisgenoot.com

Oe-la-la! Madonna se pragtige dogter hou haar lyf model

‘Ek hou jou dop!’: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel

‘Daar’s ’n Gupta op my stoep!’ Hier’s die snaakste Gupta-fliekname op Twitter

Kyk net Mamma se liefling! Bekendes deel kostelike kiekies van hul oulike spruite

Kyk net wat gebeur as ’n dogtertjie vir ’n leeu ’n soentjie blaas

Huisgenoot-joernalis vertel die storie van die barmhartige Samaritaan wat sy verlore beursie terugbesorg het