Haar kleindogter, Jennifer Ford, is met die country-sanger Josh Turner, getroud. Een van Josh se drome was om in die Grand Ole Opry-verhoog in Nashville, Tenessee, op te tree.

Dit is ’n gesogte geleentheid waar country-musikante en kunstenaars soos Scotty McCreery, Carrie Underwood en Blake Shelton ook al die kans gehad het om te sing.

Maar min mense in die gehoor het verwag wat Josh in die middel van sy vertoning sou doen. Hy het hierdie groot aand van hom onderbreek om Jennifer se ouma die kans te gee om ook vir die eerste keer op die Opry-verhoog op te tree.

Hy het haar as volg aan die gehoor voorgestel: “Dit is Lois Cunningham. . . en sy sal speel wanneer sy gereed is.”

Die tingerige figuur van Lois is bykans verdwerg deur die reuse-klavier, maar spoedig was sy gereed, trouens meer as gereed.

Die musiek het moeiteloos uit haar vingers voortgevloei. Selfs al was daar hier en daar ’n effense misstap, het haar vertolking soveel emosie ontlok – ’n ware loflied op meer as een manier.

“Dis my 98-jarige skoon-ouma,” het ’n emosionele Josh na afloop van haar uitvoering aan haar hulde gebring.

En Lois? Sy het soos ’n ware veteraan die staande gehoor toegewuif en met ’n elegante buiging die verhoog verlaat.

Luister gerus ook na Josh: