[caption id="attachment_162287" align="alignnone" width="600"]Foto: Pexels Foto: Pexels[/caption]

Hy’t Sondag gepraat by ’n vrae-en-antwoordsessie met joernaliste ná ’n inligtingsessie deur die interdepartementele groep belas met justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid (JCPS).

David, wat reageer het op ’n vraag deur ’n verslaggewer oor valse berigte, het gesê behalwe dat sosiale media gebruik word vir sy doel, word dit onder meer misbruik om valse inligting te kry of te deel.

Hy het gesê die situasie is nie uniek aan Suid-Afrika nie.

“Ons oorweeg dit om die ruimte (sosiale media) te reguleer. Selfs die beste demokrasieë doen dit.”

Hy het gesê hy begryp dat dit nie maklik sal wees nie en dat mense dit kan sien as “inmenging met menseregte.”

Dit sal dus met verskeie liggame en forums bespreek moet word. “Ons sal bespreek hoe om dit te reguleer.”

Behalwe mense wat ’n vals beeld van hulself op sosiale media oordra, of selfs voorgee om iemand anders te wees, is van die probleme ook foto’s wat vals beelde uitdra.

Foto’s was digitaal aangepas is, is ook een van die kwessies wat bekyk moet word.

Bron: News24