Hy het die land se monde laat water met die smulgeregte wat hy voor die kameras opgetower het, maar was so gespanne hy kon self kwalik eet.

Dit het so woes gegaan dat hy ’n week lank met maagprobleme in die hospitaal beland het nadat die beoordelaars die laaste van sy skeppings geproe het.

Maar die kool was die sous werd, want Deena Naidoo het uit die kosstryd getree as die wenner van Suid-Afrika se eerste MasterChef-wedstryd.

“Ek wou daardie titel hê en het geweet ek moet als insit om dit te kry.”

Lees Gilda Narsimdas se volledige onderhoud met Deena in Huisgenoot 2 Augustus 2012.

Volg Huisgenoot op Twitter.

HUISGENOOT se spesiale MasterChefSA-resepteboek is nou op die rakke - vir net R45. As jy dit nie in die winkel raakloop nie, kan jy 0860 103 686 bel of stuur ’n e-pos na huisgenoot_inteken@media24.com