‘Maddie,’ soos die media dikwels na die blou-oog Britse dogtertjie verwys, het as vierjarige in 2007 spoorloos verdwyn toe sy saam met haar ouers, Kate en Gerry McCann, in Portugal vakansie gehou het. Sedertdien het Brittanje se top-speurderseenheid, Scotland Yard, en haar ouers onverpoos vir antwoorde gesoek oor hoe Maddie uit die vakansie-villas aan die kus van Portugal verdwyn en wat sedertdien van haar geword het. In Oktober verlede het die groep ondersoekbeamptes van Operasie Grange (die naam van die ondersoek na Madeleine McCann se verdwyning) van 29 na vier gekrimp, maar die Britse regering het nou nóg fondse hiervoor beskikbaar gestel en dit sal hul grasie gee om vir ten minste nog ses maande na antwoorde oor die blondekop se verdwyning te soek. Onlangs het die Britse minister van Binnelandse Sake, Theresa May, meer fondse beskikbaar gestel om die soektog na Maddie voort te sit.

In 2013 was daar weer hoop: Maddie McCann – nuwe verdagtes ondersoek “Daar is steeds werk wat gedoen word. Daar is altyd ’n moontlikheid dat ons Madeleine sal vind en ons hoop ons sal haar lewend kry,” het Mick Duthie, Scotland Yard se speurhoof gesê.
Uit die Engelse stad Liverpool, het Maddie se ouma, Susan Healy, laat hoor: “Hierdie is baie goeie nuus en die speurders moet dink dat dit die moeite werd is om met die soektog aan te gaan.” Maddie sal op 12 Mei 2016 13 jaar oud wees. Plakkate soos hierdie is nege jaar gelede die wêreld in gestuur.

A photo posted by Madeleine McCann (@findmaddyy) on

Min het Kate McCann geweet dat hul blonde dogtertjie eendag net spoorloos sal verdwyn.
Die pragtige meisietjie wat op die aand van 3 Mei 2007, 9 dae voor haar vierde verjaardag, spoorloos verdwyn het.

A photo posted by Madeleine McCann (@findmaddyy) on

Maddie en haar pa, Gerry, deel ’n spesiale oomblik.
Madeleine, oftewel Maddie soos sy ook bekend staan, tydens haar verjaardag saam met haar ma, Kate.
“Ek het altyd gedink sy's baie wonderlik,” Maddie se ma, Kate McCann

A video posted by Michael (@helpfindmadeleine) on

Gaan die verdwyning van Madeleine McCann ooit eendag opgelos word?

A video posted by bratayley fp // (@bratiylay) on

Bronne: dailymail.co.uk; dailyrecord.co.yk

Ander stories op Huisgenoot.com

Operasie van baba met gaping in haar bors glo 1ste vir SA: ‘Ons is hoopvol,’ sê haar pa

Wie is die gelukkige verjaardagmeisie wat al dié geskenke gekry het?

Kyk: Vreemde prosessie op N2 laat motoriste verstom rubbernek!

Minstens 272 sterf in Ecuador-aardbewing

Kyk: Jy sal nie glo hoe Taylor Swift se nuwe haredos lyk nie!

Dis wanneer Oscar Pistorius gevonnis gaan word