Nie net kan Chaser sit, lê en rol nie, maar sy ken boonop meer as 1000 selfstandige naamwoorde. Tydens die Amerikaanse oggendprogram Today Show, het Chaser spesifieke items tussen tientalle ander uitgesnuffel.

“Chaser, gaan haal tennis,” sê die program se aanbieder. Dan draf Chaser tussen die items deur soos ’n kieskeurige inkopieslaaf, tot sy by die tennisbal stilhou, dit netjies in haar bek optel en in ’n mandjie gaan bêre.

Dit het baie harde werk gekos om vir Chaser só te kan leer. Haar eienaar en afrigter, John Pilley, het die afgelope drie jaar tussen vier en vyf uur per dag saam met Chaser geoefen.

En dit gaan nie net oor ’n slim hond nie. Chaser se gedrag en leerproses word nou deel van ’n wetenskaplike studie oor hoe honde en kleuters deur middel van spel taal kan aanleer.

Kyk na die video hieronder:

Brone: Time