Het julle dit sien kom, mede-sepiekykers? Dit voel of ons verlede week omtrent op die rand van ons rusbanke moes sit om die sepie-skokke wat op plaaslike televisie gebeeldsend is, te verwerk.

Eers word dit duidelik Maya Avant (die beeldskone model wat die Forrester-erfgenaam se hart in The Bold and the Beautiful gesteel het) is transgender en toe besluit Bonita van 7de Laan die enigste manier waarop sy haar geliefde Vince kan red is om Vivian – haar skoonma se boosaaardige tweelingsuster – uit ’n sielkundige inrigting te help ontsnap.

[caption id="attachment_126513" align="alignnone" width="435"]Sepie-kykers was omtrent geskok toe dit uitdraai Maya is eintlik transgender. Foto: CBS Sepie-kykers was omtrent geskok toe dit uitdraai die mooie Maya Avant is eintlik transgender. Foto: CBS[/caption]

’n Mens kon omtrent nie jou uie solank in ’n pan op die stoof braai ter voorbereiding vir aandete nie, want jy sou dit sweerlik verbrand met al die sepie-opwinding.

Lees ook: En die 1ste wenner van The Voice SA is . . .

Dié skokke het ons ook laat terugdink aan ander opwindende storielyne wat sepie-vrate al genoop het om die pot op die stoof eers agterplaat toe te skuif:

Wie sou ooit vergeet toe die superfeeks Kimberley Logan die eerste keer haar verskyning in Egoli in die 1990s gemaak het? Kykers was gewoond aan die saggeaarde Joanne toe haar blonde tweelingsuster haar opwagting maak en die meesterbrein van die een skandaal na die ander word.

En net ’n jaar of wat terug daag ’n “dooie” Neville Meintjies in 7de Laan by Charmaine se huis op – net voor sy weer sou trou en met haar lewe aanbeweeg.

Só het kykers ook destyds senuagtig na die kassie gestaar toe twee karakters uit die immergewilde Amerikaanse sepies – The Bold and the Beautiful en Days of Our Lives – Taylor en Hope soos sepie-Lasarusse uit die dood herrys na hul karakters vroeër kwansuis gesterf het.

Ja-nee, ’n mens weet waaragtig nooit wat volgende in sepieland gaan ontvou nie…

Maya is transgender!

bold-and-the-beautiful
Hygende hert! Wat ’n kinkel in The Bold and the Beautiful-kabel.

Aanhangers van die gewilde Amerikaanse sepie het geweet iets broei toe Maya se jonger suster, Nicole, in Los Angeles opdaag en vir weke aaneen dreig om Maya se geraamtes uit die kas te gooi as sy haar nie in die rykmanswêreld waartoe Maya se kêrel, Rick Forrester, behoort toelaat nie.

Maya, een van die Forrester-modesakeryk se bekendste gesigte, het erg geskerm en haar suster gesmeek om haar geheim steeds dig te bewaar en in een van dié gesprekke tussen die susters is die sluier oor Maya se geslagsgeheim eindelik gelig..

’n Mens kan nou net wonder of Rick steeds ’n verloofring aan Maya se vinger sal steek as hy uitvind sy het hom nooit van haar verlede vertel nie?

Bonita laat vir Vivian los!

bonita

’n Mens kon byna voel hoe jy saam met Bonita mal word soos sy tussen twee van haar geliefdes moes kies: “Moor jou skoonma, of ek maak Vince van kant,” het Lucille, die wrede skollie, haar gedreig.

Maar die saggeaarde bloemis kon dit nie oor haar hart kry om die moederlike Charmaine te vermoor nie en het ’n vindingryke plan bedink om Lucille te fop.

Lees ook: Ontmoet 7de Laan se nuwe gesin: In so ’n kas moet daar geraamtes skuil . . .

Sy sou die gruwelike Vivian (Charmaine se identiese tweelingsuster wat haar man, Neville, doodgemaak het) uit die inrigting waar sy toegesluit was, smokkel en haar ten aanskoue van Lucille skiet sodat dié kon glo sy het haar opdrag uitgevoer – Bonita sou enigiets doen om Vince terug te kry.

Genadiglik het Vince die booswigte wat hom aangehou het, vroeër gefnuik en kon hy Bonita betyds keer voor sy Vivian die ewigheid instuur.

Maar nou is dié feeks weer op vrye voet, sal sy weer amok in Hillside saai?

Deel jou skokkendste sepie-ooblikke met ons op ons Facebook-blad!