Omdat hulle geglo het hul seun is in veilige hande, het Joshua Marbury en sy vrou die aand uitgegaan. Maar hulle was verkeerd. Toe hulle by die huis kom, het die egpaar van Oregon in Amerika klein Jacob huilend in sy wieg gekry terwyl sy suster op die rusbank slaap. Die volgende oggend het hulle gesien hul seun se gesig is vol kneusplekke.

“Ons het ’n bekentenis van die mishandelaar gehad dat hy dit gedoen het.”
“Tog is die mens nie in hegtenis geneem nie, want hulle moes ’n saak opbou en ’n jurie moes hom skuldig bevind voor hy tronk toe gaan. (Kantnota: As ek dit nie mis het nie, as ek ’n mens in die gesig slaan en die polisie word ontbied, sal ek dadelik in handboeie geplaas word),” het die “woedende” pa gedeel.

“Ná twee maande van wag het ons uitgevind die saak is laat vaar, want my eenjarige kan jou nie verbaal vertel hy is mishandel nie en my seun het nie gewys hy ervaar pyn of dat die mens dit ‘opsetlik’ gedoen het nie.”

Die plasing is amper 400 000 keer op Facebook gedeel en het tot woede en skok gelei.

“Ek is ’n ma van twee kleintjies en het onlangs weer begin werk. Een van my grootste vrese om ’n kinderoppasser aan te stel, was dat so iets gebeur,” het Stephanie McGanty gesê.

“Ek is baie jammer dit het met jou gesin gebeur. Dit is nie oukei dat niks gedoen word nie. Ek hoop regtig vir die beste vir julle ouens,” het Cara Novoa bygevoeg.

Joshua het haar bedank en sy hoop uitgespreek dat die situasie “verander en om die regte redes gedoen word”.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Nagmerrie-kiem laat medici in koue sweet uitbars

Vrou vertel openhartig van haar lewe ná sy tydens gewapende rooftog geskiet, verlam is

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!

Jongmense, dit is waarom jy vandag al moet begin spaar