Volgens die resultate van ’n 10 jaar lange antropologiese ondersoek aangaande die rookgewoontes van tieners, glo tieners, sommige so jonk soos 16, dat kleiner babas ’n laer geboortemassa sal hê, wat die pyn van geboorte sal verminder.

Die Medeprofessor Simone Dennis van die Australiese Nasionale Universiteit verduidelik dat die tieners op die pakkies gelees het dat die rook van sigarette die geboortemassa van ’n baba kan verminder, wat vanselfsprekend nie dui op die wyse waarop hierdie openbare-gesondheidsboodskap eintlik opgeneem moes word nie.

Volgens Dennis was die tienermeisies bang vir die geboorteproses omdat hulle self klein is.

Die ergste ding wat moontlik met hulle kon gebeur, was om geboorte te moes skenk aan enorme babas. Sommiges was jonk, net 16 of 17 jaar oud, en hulle oorheersende vrees was om groot babas te hê. Vervolgens het begin rook om hierdie probleem op te los.

Die studie wat in die boek Smokefree gepubliseer is, het ook aan die lig gebring dat terwyl sommige tieners vir die eerste keer begin rook het juis om hierdie rede, het ander méér begin rook met die hoop dat die ‘belofte’ op die pakkie bewaarheid sou word.

Dennis was regtig stomgeslaan deur dié ‘algemene’ oortuiging dat as jy meer rook, jy dit beter sal kan maak.

Bronne: nzherald.co.nz, independent.co.uk