Die rocker Ozzy Osbourne het in die openbaar erken hy kry intensiewe terapie om ’n seksverslawing te bowe te kom, maar hy is nie die eerste een wat erken het hy het hierdie soort probleem nie.

Ons het bietjie gaan kyk watter ander beroemdes het ook al erken hulle smag gedurig na katelkaskenades.

Ozzy Osbourne

ozzy

Ozzy en sy vrou van die afgelope 34 jaar, Sharon, het vroeër vanjaar ’n blaaskans geneem ná berig is hy het ’n kortstondige affair met Michelle Pugh, sy haarstilis, gehad het.

Sy het vandeesweek vir die eerste keer met die tydskrif People oor hul affair gepraat en Ozzy se verteenwoordiger het gereageer: “Ozzy Osborne het die afgelope ses jaar aandag gegee aan sy verslaafdheid aan seks.” Dit het ook aan die lig gekom dat Ozzy “by nog ander vroue” was.

Maar Sharon het haar man in die openbaar verderdig nadat die twee onlangs herenig is.

Kanye West

kanye

Die rapper het op ’n keer aan die tydskrif GQ gesê sy ambisie spruit uit sy seksdrang. “Ek dink dit kom van iets soos om op ’n baie vroeë ouderdom ’n aptyt vir seks te hê," het hy gesê.

"Kyk na die drang wat mense het om seks te kry ... As jy die energie op iets waardevol kan toespits, kan jy dit in werksetiek omskep...”

Kanye se eks, Brooke Crittenden, het sy toekomstige meisie, Kim Kardashian, reeds in 2013 gewaarsku hy is verslaaf aan seks. Dit blyk egter nie ’n probleem te wees vir die paartjie nie, want hulle is in 2014 getroud en het reeds twee kinders.

Lees ook: Dié sewe bekende paartjies deel almal een tragiese ervaring

Russell Brand

russel

Die Britse komediant en akteur, wat eens op ’n tyd met die sangeres Katy Perry getroud was, was aan die begin van sy loopbaan bekend as ’n rokjagter. Hy het in sy 2007-memoir, My Booky Wook, onthul dat hy na ’n rehabilitasiesentrum gegaan het om behandeling te ontvang vir sy seksverslawing, wat, soos hy beweer het, gedreig het om sy loopbaan te verwoes.

“Baie mense is skepties oor die idee wat ek graag ‘sexy verslawing’ noem omdat hulle dink dit is ’n vals begrip. Maar ek reken daar bestaan so iets; verslawing kan net so maklik op seks van toepassing wees as op dwelms of alkohol – dinge waarvan ek nogal heelwat weet.”

David Duchovny

david

Né gerugte in 2008 die ronde begin doen het dat sy huwelik met die aktrise Tea Leoni op die rotse is, het die akteur van The X-Files die volgende gesê: “Ek het gewillig na ’n inrigting vir die behandeling van seksverslawing gegaan.”

Maande later het dit aan die lig gekom dat die paartjie reeds voor David se tyd in die rehabilitasiesentrum uitmekaar is. Die twee, wat in 1997 getroud is en twee kinders het, het daarna weer versoen, maar is eindelik in 2011 finaal uitmekaar en hul egskeiding is in 2014 gefinaliseer.

Charlie Sheen

Lelo Hex - VIP launch party Vinyl club Marshall Street London Uk

Hoewel dié omstrede akteur nog nooit die woord “seksverslawing” gebruik het om na homself te verwys nie, het hy al openlik oor sy voorliefde om by prostitute te slaap gespog. Hy het ook al een keer in die 1990’s gebieg dat hy al meer as $50,000 op prostitute geblaas het.

Die ster van Two and a Half Men het in 2012 aan die tydskrif Playboy gesê “Ek sê nie ek sal nooit weer na ’n prostituut toe gaan nie, maar dis moeilik. Dele daarvan is sielloos en dele is voedsaam; dis altyd ’n dobbelspel."

Charlie het intussen erken hy is MIV-positief.

Lees ook: Goeie nuus! Die ooievaar was weer bedrywig onder bekendes

Tiger Woods

tiger

Dié professionele gholfspeler het in 2009 in onguns verval toe dit onthul word hy het verskeie affairs gehad terwyl hy met Elin Nordegren getroud was.

Hy het in 2010 tydens ’n televisieonderhoud erken hy het behandeling ontvang vir seksverslawing.

"Ek wil eenvoudig en reguit aan elkeen van julle sê ek is verskriklik jammer oor my onverantwoordelike en selfsugtige gedrag,” het die wêreldkampioen gesê. Die paartjie, wat twee kinders het, is in 2010 geskei.

Eric Benet

eric

Die aktrise Halle Berry was van 2001 tot 2003 met die R&B-sanger Eric Benet getroud. Hulle is uitmekaar ná gerugte van sy ontouheid die ronde begin doen het. Hy het later bevestig dat hy by ’n 35-dae-rehabilitasieprogram vir seksverslawing aangesluit het.

Eric het egter teruggekrabbel oor die bewerings van sy seksverslawing toe hy in 2008 aandring “dis nie wat ek my situasie sou noem nie”. Hy is deesdae met Prince se eksvrou, Manuela Testolini, getroud.

© Cover Media