Die einde van Lady Gaga en Taylor Kinney se verlowing het ’n paar ander sterre wat deur dieselfde hartseer moes gaan, in herinnering geroep.

Lady Gaga en Taylor Kinney

[caption id="attachment_132877" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die paartjie was vyf jaar saam en die akteur het verlede jaar op Valentynsdag die groot vraag gevra. Almal het gedink hulle sou in 2016 trou, maar Gaga het die einde van hul verlowing bevestig in ’n emosionele plasing op Instagram saam met ’n foto van haar en Taylor.

“Ek en Taylor het altyd geglo ons is sielsgenote. Ons het, net soos enige ander paartjie, ons voor- en teenspoed, en ons neem nou ’n ruskans,” het sy geskryf en bygevoeg hulle is nog werklik lief vir mekaar.

Iggy Azalea en Nick Young

[caption id="attachment_132879" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die arme Iggy het in Junie vanjaar moed opgegee met Nick en beken sy kon nie aangaan met haar lewe nie sedert die sportman se oënskynlike bekentenis dat hy ontrou was nie.

Die greep waar hy toegee dat hy ander vroue huis toe bring, het aanlyn opgeduik, iets wat natuurlik vernederend was vir die rapper, en daar was ook gerugte dat Nick sy eksmeisie swanger gemaak het.

“Hoewel ek Nick liefhet en oor en oor probeer het om weer my vertroue in hom te bou, het dit die afgelope weke duidelik geword dat ek nie kan nie. Ek wens Nick eerlikwaar net die beste toe,” het Iggy ná hul skeiding op Instagram geskryf. Hulle was twee jaar bymekaar.

Johnny Depp en Winona Ryder

[caption id="attachment_132880" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Tim Burton se Edward Scissorhands het die wêreld ’n kykie gegee op die liefdeslewe van hierdie twee op die A-lys. Hulle was drie jaar verloof en Johnny het selfs “Winona forever” op sy regterarm laat tatoeëer.

Hul paadjies het in 1992 geskei, maar Winona het haar voormalige verloofde se lof vinnig besing toe Amber Heard, van wie hy tans vervreem is, hom van mishandeling beskuldig.

Sy het beklemtoon sy praat uit eie ondervinding toe Winona haar eks as “ ’n werklik goeie, liefdevolle omgee-ou” beskryf en het teenoor die tydskrif Time bevestig dat hy haar nooit mishandel het nie.

Lees ook: Hoe goed ken jy Hollywood-paartjies?

Britney Spears en Jason Trawick

[caption id="attachment_132881" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die prinses van popmusiek was nie juis gelukkig wat die liefde betref nie, en net toe ons dink sy gaan vir die derde keer afhaak – dié keer met Jason, haar bestuurder – skei hul paadjies in Januarie 2013.

Die besluit was glo wederkerig en het hulle nie oor hul toekoms saamgestem nie. Hulle het in Desember 2011 verloof geraak, sowat 19 maande nadat hulle hul verhouding bevestig het.

“Ek en Jason het besluit om ons verlowing te verbreek. Ek sal hom altyd verafgod en ons sal altyd goeie vriende bly,” het Britney in ’n verklaring gesê, en haar eks het bygevoeg: “Hierdie hoofstuk eindig vir ons, en ’n nuwe een begin. Ek het haar en haar seuns lief en koester hulle, en ons sal vir altyd na aan mekaar wees.”

Ciara en Future

[caption id="attachment_132882" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die twee musieksterre het in Oktober 2013 verloof geraak en Ciara het in Mei 2014 die lewe geskenk aan hul seun, Future Zahir Wilburn. Die tweetjies is egter slegs ’n paar maande daarna uitmekaar en dinge het intussen versuur.

Die sangeres het haar lewe voortgesit saam met die sportman Russell Wilson, met wie sy vroeg in Julie vanjaar getroud is nadat Future hul verhouding as ’n “publisiteitsfoefie” afgemaak het.

“Los my seun uit al die publisiteitsk*k. Los hom net uit jou verhouding uit, want ons het nie jou verhouding nodig vir enigiets nie,” het hy uitgevaar.

Kate Hudson en Matt Bellamy

[caption id="attachment_132883" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die blonde ster kon nie die fasademan van Muse weerstaan nie en hulle het in die lente van 2010 begin uitgaan, en is ’n jaar later getroud.

Hulle het ’n seun, Birmingham, maar hul verbintenis het ongelukkig nie gehou nie en hulle het in Desember 2014 aangekondig dat hulle hul trouplanne kanselleer.

Dit het egter nie die paartjie gekeer om na aan mekaar te bly nie, aangesien hulle steeds saam vakansie hou as gesin en Kate het voorheen reguit gepraat oor die “goeie verhouding” wat hulle het.

Ten spyte daarvan dat hulle in verskillende rigtings beweeg, het sy opgemerk: “Dit beteken egter nie dat ons nie iets kan bou wat die beste vir die kinders sal wees nie.”

Lees ook: Sewe warrelwindromanses onder bekendes

Jennifer Lopez en Ben Affleck

[caption id="attachment_132886" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Ai, hoe lief was ons nie vir die tweetjies nie! Hulle het in November 2002 verloof geraak, ná Jennifer se tweede egskeiding vroeër daardie jaar, en het selfs die bynaam “Bennifer” in die pers gekry. Net toe alles reg was vir die troue, het Ben koue voete gekry en die sangeres en aktrise met ’n gebroke hart gelaat.

“Dit het gevoel asof my hart uit my borskas geskeur word,” het sy in haar memoir, True Love, onthou.

Sy het egter steeds net goeie woorde vir hom, selfs al het hy enkele maande ná hul skeiding sy lewe voortgesit saam met sy tans vervreemde vrou, Jennifer Garner.

“Ek sou moontlik sê hy is briljant, slim, liefdevol, sjarmant, innig. En ek bewonder hom eenvoudig in alle opsigte. Dit voel asof ek dinge by hom leer.”

© Cover Media