Dis onmoontlik om nie te glimlag as jy hierdie kyk nie.

In ’n video wat onlangs op YouTube geplaas is, is ’n oulike seuntjie gedurende sy musiekklas aan’t giggel gaan.

Die video, getiteld Histeriese en aansteeklik laggende seun in musiekklas, is deur Sara Schonfeld, die seuntjie se musiekonderwyseres, gedeel.

“Die laggende seuntjie was dol oor die verrassende uitwerking van die liedjie. Klap en stop! Kinders geniet dit om te leer deur middel van dinamiese musikale uitdrukkings en ondervindings,” het Sara volgens Rumble gesê.

Die video het intussen uiters gewild geraak en is meer as 2 miljoen keer gekyk. En ’n mens kan maklik sien hoekom.