Al ooit gewonder of Suid-Afrika hul eie Bill Gates of Richard Branson het?

Wel, kyk mens só na hierdie lysie kan ’n mens dit goed glo!

Die kommersiële en residensiële eiendomsgroep, Knight Frank, het ’n nuwe verslag vir 2016 uitgereik wat Suid-Afrika se rykdom oor die laaste 10 jaar van 2005 tot 2015 meet en volgens dié verslag spog ons met naastenby 47 000 miljoenêrs!

Maar wat presies word met die term “miljoenêr” bedoel? Die eiendomsgroep klassifeer rykdom in verskillende kategorieë:

Miljoenêrs: Individue met ’n netto waarde van meer as $1 miljoen (R15,4 miljoen).

Multimiljoenêrs: Individue met ’n netto waarde van meer as $10 miljoen (R154 miljoen).

Mense met ’n ultra-hoë netto waarde: Dié met ’n netto waarde van meer as $30 miljoen (R460 miljoen).

Sentimiljoenêrs: Individue met ’n netto waarde van meer as $100 miljoen (R1,5 biljoen) .

Biljoenêrs: Individue met ’n netto waarde van meer as $1 biljoen (R15 biljoen).

Lees ook: Hierdie 19-jarige perderuiter is die wêreld se jongste biljoenêr

Amerika het by verre die rykste mense. Die land het ’n allemintige 4,2 miljoen miljoenêrs!

Suid-Afrika is 36ste op die lys wat lande met die meeste superrykes in die wêreld lys.

Hoewel Suid-Afrika een van die lande is wat aan die kortste ent getrek het die laaste paar jaar te danke aan stadige ekonomiese groei, het die land se miljoenêrsbevolking met ’n stewige 82% gegroei van 25 500 tot 46 500 mense tussen 2005 en 2015.

En, kyk jy so na stede waar dié rykes tuisgaan, loop die Goudstad ver voor.

Sowat die helfte van Suid-Afrika se superrykes woon in Johannesburg.

Dit is alombekend dat dié wat daar werk ’n bietjie meer as diegene in Kaapstad verdien, maar tydens Desember stroom duisende superrykes na die Moederstad vir die vakansie en spog Kaapstad met minstens 2 690 multimiljoenêrs.

Lees ook: SA se duurste huis kan joune word – vir ‘net’ R450 milljoen

Een van die redes hiervoor is moontlik dat Kaapstad se eiendom redelik goedkoop is.

Maar oppas: jy mag dalk net jou beursie oopmaak as jy hoor Kaapstad het die laagste koers vir eersteklas eiendomme in vergelyking met ander lande.

Vir dieselfde prys kan jy tot en met 10 keer meer eiendomspasie in Kaapstad kry as byvoorbeeld in New York.

Sal ons dit maar ’n gelykopspel tussen Kaapstad en Johannesburg noem?

BRONNE: businesstech.co.za, 2oceansvibe.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Gelukkige einde vir ma se nagmerrie

Groot verligting vir droogtegeteisterde gebiede voorspel

Is die vermiste MH370 naby die Kaap gevind?

Honde-eenheid vind R50 miljoen se heroïen in Toyota Prado se brandstoftenk

Hulde aan voormalige presidentsvrou Nancy Reagan