Hugo Ludik 4

Die Adam-sanger Hugo Ludik het binne 10 maande 14 kg afgeskud deur ses klein maaltye per dag te eet en ’n streng gimroetine te volg.

Joe Foster van sy Fb af

Sy gewese Adam-sangmaat, Joe Foster, het ook nie op hom laat wag nie. Hy het 19 kg verloor deur die Slender Wonder-dieet te volg wat daaglikse inspuitings vereis.

[caption id="attachment_60995" align="aligncenter" width="400"]Foto: Twitter Foto: Twitter[/caption]

Die Pretville-aktrise Nadia Beukes se gewig het lank wipplank gery, maar van vanjaar af het sy ingegryp en deesdae is dit konstant. Sy weeg nou 6 kg ligter en hou dit af deur elke oggend ’n glas louwarm water te drink voor sy die huis verlaat, ’n proteïenskommel as ’n maaltyd te drink en deur die dag te teug aan ’n spesiale kruietee.

[caption id="attachment_60996" align="aligncenter" width="400"]Foto: Twitter Foto: Twitter[/caption]

’n Vorige Idols-deelnemer, Lloyd Cele, het in sy biografie, Lloyd Cele: The Dream of an Idol, vertel hy het 18,5 kg verloor deur dieselfde dieet te volg as die Hollywood-ster Kim Kardashian.

[caption id="attachment_60997" align="aligncenter" width="400"]Foto: Twitter Foto: Twitter[/caption]

Die 94.7-aanbieder Sam Cowan het vanjaar 36 jaar oud geword en besluit ná twee kinders is dit nou tyd om haar vietser lyf van die verlede terug te kry. Sy het ’n allemintige 35 kg afgeskud.

Alet van Zyl

Bygewerkte bron: Sarie.com