Dmitry Nikolaev (30) ’n getroude akteur wat in ’n plaaslike sepie gespeel het, is glo deur ’n blonde vrou genader ná sy optrede in klein teater. Nadat die tweetjies saam in die sauna gekuier het en nog ‘n paar biere weggesluk het, kon hy niks verder onthou nie. Dmitry het die volgende dag in geweldige pyn en met bloed op sy broek in ’n bushalte wakker geword. By die hospitaal het dokters hom meegedeel dat sy testikels verwyder is en dat dit boonop met die hulp van iemand wat mediese kennis het, gedoen is. Die polisie glo sy drankies was gedokter.

Bronne: Dailymail.co.uk, The Telegraph, Daily Star