Indien wel, sit af na die bekroonde Carters of Moseley, ’n restaurant in Birmingham, Engeland, waar goggas op die proespyskaart van die restaurant as ’n "verrassing" voorgesit word. 

Restaurantgangers dok sowat R765 per persoon op om aan die klein, swart, kruipende skepseltjies te peusel.

Miere is op die proespyskaart van die restaurant. Foto: Caters News

Volgens Brad Carter, die hoofsjef, verleen die mieresuur/metanoësuur wat die miere bevat, ’n kenmerkende sitrusgeur aan die geregte.

Hy het miere gekies aangesien hulle hierdie tyd van die jaar die beste bestanddeel vir die geur is.