[post-slider]

Die nuwe seisoen skop af met die veteraanaktrise Sandra Prinsloo en Snotkop as die heel eerste gaste in die Republiek vir die nuwejaar.

Karen het omtrent die land aan die gons gehad tydens die vorige seisoen deurdat sy niks minder nie as 10 nommer een liedjies op die plaaslike iTunes-ranglys gehad het. Week na week het die liedjie wat Karen saam met haar gaskunstenaar op die program gesing het, na die nommer een posisie geklim.

Nou kan almal regsit vir die volgende episodes met sterbelaaide gaste, fantastiese musiek en nog ‘n rits treffers. Gaste sluit o.a. Emsie Schoeman en Suzelle DYI, Adv. Thuli Madonsela, Jan Blohm, Marius Weyers, Claire Johnston, Carike Keuzenkamp, Rolene Strauss, Koos Kombuis en Juanita du Plessis in.

Die spitsvondige Annemari Ferreira doen weer ‘n paar baie spesiale insetsels met haar “Boereraat vir Bands”.

Jou Donderdae aande gaan beslis nie weer dieselfde wees nie. Bederf jou ore en skakel in op die Republiek van Zoid-Afrika.