Skep die perfekte slaapsone

Dit kan moeilik wees om ’n goeie slaaproetine vas te stel, en die omgewing waarin jou kind slaap, moenie onderskat word nie. Suster Ann Richardson, ’n gekwalifiseerde verpleegster en vroedvrou en die skrywer van Toddler Sense, beveel aan dat kinders op tweejarige ouderom al hul eie slaaparea het.

“Dit is belangrik om jou kind se slaapomgewing te reguleer om te verseker hul slaapsone moedig slaap aan. ’n Paar idees vir ’n kalmerende slaapsone sluit in ’n donker kamer saans met ’n naglig indien nodig, en toe gordyne vir slapies gedurende die dag.”

Martin Pallman, ’n argitek en doen-dit-self-liefhebber van Kaapstad, stem saam. “Eerstens moet jy seker maak jy het blindings wat die vertrek heeltemal donker maak,” sê hy. “Gebruik standaardgloeilampe – dié met die “melkerige” omhulsels – om fel lig in jou kind se kamer te vermy. Buisligte is heeltemal te koud, selfs dié met warm tinte.”

Martin sê as die daklig in jou kind se kamer te skerp is, kan jy dit bedek. “ ’n Mooi papierlantern of enige skerm wat by die kamer se kleurskema pas, kan goed werk.”

Spreiligte werk ook goed en kan vir jou kind se kamer goed werk saam met ’n leeslig vir saans. “Kies ’n staanlig op ’n lang paal met ’n skerm wat boontoe wys,” sê Martin. “Maak seker dit het ’n swaar staander sodat dit nie omval as jou baba hulle daaraan wil optrek nie. Staande bedlampies is nie ’n goeie idee nie; hulle val die een of ander tyd altyd af van wat hulle op staan.”

Kom ons werp ’n bietjie lig op die saak

Lisa Heald van Ellies Lighting sê die regte beligting in jou kind se studeerarea kan hulle help konsentreer. “Lig het ’n ongelooflike effek op mense – visueel, biologies en emosioneel. Dat kan ons bui, konsentrasie, ontspannenheid, wakkerheid en slaap beïnvloed.

Sy stel voor dat ouers in gedagte hou dat kinders tesame met ’n naglig ’n studeerlamp gaan nodig kry soos hulle ouer raak. “Kies ’n helder lig wat konsentrasie gaan verbeter maar nie fel is of flikker nie. Oorweeg ’n verstelbare lig. Onthou, kies ligte wat lank gaan hou, maar wat nie skadelike stowwe soos CFL bevat nie.”

- Dalena Theron

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.