Chris Brown word vir ’n tref-en-trapongeluk ondersoek.

Volgens TMZ het die Don’t Wake Me Up-sanger glo geweier om sy rybewys en versekeringsinligting te oorhandig toe hy by ’n stel verkeersligte in Beverly Hills met sy Range Rover van agter in ’n Mercedes vasgery het.

Chris (24) is nog op parool nadat hy sy destydse meisie, Rihanna, in 2009 pimpel en pers geslaan het en die beweerde tref-en-trap-ongeluk kan neerkom op ’n oortreding.

Dit is nie die eerste keer dat die Fine China-sanger, wat saam met sy voormalige minnares Karrueche Tran na ’n opname-ateljee op pad was, in ’n motorongeluk betrokke was nie.

In Februarie het Chris met sy Porsche 911 in Los Angeles teen ’n muur vasgejaag. Hy het toe beweer “aggressiewe” steelfotograwe het hom afgesny.

’n Woordvoerder het destyds gesê: “Die insittendes het met kameras uitgespring en sy voertuig aggressief genader. In ’n poging om hom weg te kom, het hy (Chris) in ’n steeg begin agteruitry toe twee ander voertuie hom afsny.

“Chris se voertuig is afgeskryf weens aggressiewe agtervolging deur die paparazzi.”

Chris, wat glo met die model Karrueche herenig het, het onlangs sy onstuimige verhouding met Rihanna beëindig nadat hy besluit het om op sy eie te gaan.

Toe hy bekendmaak sy verhouding met die Stay-sanger, wat hy Shawty, is op die rotse, het hy gesê: “Ek gaan op my eie. Shawty doen tog haar eie ding; sy is op pad. Dit sal altyd liefde wees. Ek is ’n volwasse man en moet vorentoe beweeg.”