Dit is boonop ’n groot hulp vir besige ma’s wat vinnig met iets te ete vorendag moet kom. Probeer hierdie unieke kombinasies vir jou broodjie.

topping-for-toasted-baguette-slices

(Elke bolaag lewer sowat 1 koppie.)

Vir bolaag 1:

250 ml (1 k) ryp tamaties, in blokkies gesny

15 ml (1 e) balsemieke asyn

30 ml (2 e) vars grasuie, fyn gekap

Vir bolaag 2:

125 ml (½ k) gladde gewone laevet-maaskaas

125 ml (½ k) aspersiekoppe

knippie swartpeper

Vir bolaag 3:

60 ml (¼ k) hoemoes

180 ml (¾ k) growwe maaskaas

15 ml (1 e) blatjang

hand vol vars koljander

*Dit is ook lekker saam met pasta.

Vir bolaag 4:

250 ml (1 k) sampioene, in rooiwyn gebraai

30 ml (2 e) pikantrissies, fyn gekap

2 groot hande vol babaspinasie

Vir bolaag 5:

250 ml (1 k) botterskorsie, fyngedruk

½ groen soetrissie, fyn gekap

5 ml (1 t) droë oregano

*Wenk: Sny ’n baguette in skuins skywe, rooster dit liggies en pak dit op ’n dienbord. Hoenderrepies of stukke ham of pastrami is ook lekker saam met die bo-lae op die brood.

- Resep en foto’s: Lesley Scott

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.