’n Hond is sowaar mens se beste vriend. Daarvan kan Alan Spencer van die VK getuig.

Lexi, ‘n 18-maand oue Labrador, het haar eienaar, Alan Spencer (67), se lewe gered nadat hy aan ‘n gepekelde ui verstik het. “Ek sê nie gewoonlik sulke goed nie, maar as ek terugkyk na die voorval sou ek beslis dood gewees as Lexi nie ingetree het nie,” het Alan gesê.

Lexi, ‘n 18-maand oue Labrador, het haar eienaar, Alan Spencer (67), se lewe gered nadat hy aan ‘n gepekelde ui verstik het.

Hy was tuis besig om aandete te eet toe die skil van ’n gepekelde ui sy lugpyp blokkeer het. Hy het drie minute lank self probeer om die skil uit sy keel te kry, maar sonder enige sukses. Hy het na sy voordeur gestrompel op soek na hulp.

Voordat hy egter die deur kon bereik, het hy sy bewussyn begin verloor en in die gang ineengestort.

Dis toe dat Lexi die Lab al hardlopende tot sy redding kom. Sy het met al vier pote hard op sy rug gespring. Die skilletjie het losgekom en so is Alan se lewe gered.

Bronne: mirror.co.uk, dailymail.co.uk