DIS ’n supermooi prentjie hier voor jou. Selfs die goudgeel rose in die vaas op die tafel in die koffieplek in Kalkbaai, Kaapstad, lyk asvaal teen dié twee. Nico en Christi Panagio is nou maar eenmaal die soort paartjie wat jou kop onwillekeurig laat omswaai om weer te kyk.

Natuurlik sien ons Nico (37) gereeld op die kassie as die aanbieder van Survivor South-Africa: Malaysia, maar sjoe-oe, die ware Jakob is net sóveel STET beter!

Dié keer was hy darem gelukkig genoeg om sy 33-jarige langbeenvrou, vroeër in die rol van Karien in 7de Laan en deesdae gasaanbieder op Glitterati en Pasella, saam met hom daar in te verte te hê.

Die vorige keer was dit maar ’n swaar saak, sê die donkerkop-Adonis. Dit kan maar alleen raak – hy is mos nie daar om pelle te maak nie, want hy moet ferm wees met die deelnemers. "Dis ’n wedstryd," sê hy, "daar is nie plek vir kant kies nie."

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 21 April 2011