Vir sy vierjarige dogter was dit iets groots. Sy het so vinnig grootgeword! En Poppy se pa het gevoel hy wil vir haar sê hoe lief hy vir haar is – in ware illustreerder-styl.

Rob is ’n kinderboekskrywer en illustreerder van Londen – en waarskynlik die koelste pa ter wêreld. Drie jaar gelede het die liefdevolle pa ’n pragtige strokie geteken en dit by haar kosblik ingeglip – en sedertdien skep die pa van twee die pragtige boodskappe.
“Daardie aand het sy gevra wat ek die volgende dag sou teken. Seshonderd plaknotas later is ons steeds aan die gang,” sê Rob.
Die illustreerder-pa het aan The HuffingtonPost gesê hy wou ’n band met Poppy (nou sewe) smee, want “tot in daardie stadium het sy net soggens kleuterskool bygewoon. Daarom was dit vir haar iets GROOTS om vir middagete te bly.” “Sy was baie senuagtig daaroor. Toe kry ons kinderoppasser die idee dat ek ’n prentjie vir haar op ’n Post-it-nota teken en dit in haar kosblik wegsteek om haar op te beur wanneer sy dit oopmaak,” vertel hy.

Die moeilikste vir die pa is om met vars idees vorendag te kom om Poppy te beïndruk, want haar nuuskierige verstand hou hom op sy tone. Rob put inspirasie uit Star Wars, Pixar-rolprente en Poppy se gunsteling-strokieskarakters. Lees ook: Pa maak die wonderlikste Disney-uitrustings vir sy kinders

Today Poppy's #PackedLunchPostIt features Bugs in What's Opera Doc? #LOONEYTUNES #withmyspearandmagichelmet

A photo posted by Rob Biddulph (@rbiddulph) on

Hy erken ook Poppy kwyt haar goed van haar taak om die oulike briefies te bewaar.

Today #PackedLunchPostIt for Poppy. It's the indefatigable Wile E. Coyote. #LOONEYTUNES

A photo posted by Rob Biddulph (@rbiddulph) on

“Sy hou steeds daarvan om dit te kry en kry dit reg om die briefies elke dag mooi te versorg,” sê hy. “Amper almal kom in een stuk by die huis aan.” ’n Jaar gelede het hy sy daaglikse Poppy-briefies op Instagram begin deel onder die hutsnaam #PackedLunchPostIt. Hy het selfs 150 van die briefies geraam vir ’n uitstalling in Londen.

Dismantling the #PackedLunchPostIt exhibition at @waterstonestcr. Thanks so much for having us!

A photo posted by Rob Biddulph (@rbiddulph) on

Today's #PackedLunchPostIt for Poppy features the generic #LOONEYTUNES monster. I think his name is Gossamer.

A photo posted by Rob Biddulph (@rbiddulph) on

Lees ook: ‘Papierman’ omskep Britse stede in bekende Disney-tonele Sy klein kunswerke is so gewild dat Rob selfs nabootsers geïnspireer het. “’n Paar mense het iets soortgelyks vir hul kinders begin doen nadat hulle dit gesien het en ek dink dis baie oulik,” het hy gesê.

One of my faves today - Yosemite Sam. #PackedLunchPostIt #LOONEYTUNES

A photo posted by Rob Biddulph (@rbiddulph) on

Hy het wel genoem sy vrou is nie juis beïndruk daarmee dat hy al die aandag kry vir Poppy se middagetes wat met soveel liefde voorberei word nie. “Ek kry al die lof vir die sketse terwyl sy die een is wat in werklikheid die toebroodjies maak!”

Poppy's #PackedLunchPostIt today features another #LOONEYTUNES star, Elmer Fudd. #duckseason #wabbitseason

A photo posted by Rob Biddulph (@rbiddulph) on

Here's Poppy revealing the new theme for her #PackedLunchPostIt notes. Starting tomorrow! #LooneyTunes

A photo posted by Rob Biddulph (@rbiddulph) on

Rob het natuurlik gedink Poppy sou die briefies ontgroei namate sy ouer word, maar sy hou vol sy sal nooit moeg raak van die Poppy Post-its nie.

“Ek sal dit waarskynlik nog vir haar doen wanneer sy 18 is!” het hy geskerts.

Bronne: HuffingtonPost.com, BoredPanda.com, Demilked.com, Instagram, Metro.co.uk,