Die foto’s is geneem deur wildfotograaf Kyriakos Kaziras wat saam met ’n span in Alaska was om foto’s te neem. Die welpie, sy ma en haar ander welpie het die span glo vir drie weke gevolg en was heeltemal gemaklik met die mense.

Op die laaste dag van die ekspedisie het die vreeslose welpie uiteindelik self die boot genader en omtrent sy neus in die kameralens gedruk.

Hy het selfs ’n paar keer probeer om in te klim en wou keer dat die mense huis toe gaan!

Bronne: Daily Mirror, Twitter, YouTube