DIS ’n koue, reënerige dag op Dozi se plaas net buite Hartbeespoort en die sanger sit gebukkend oor sy kitaar voor ’n knetterende kaggelvuur.

Hy konsentreer so hard terwyl hy speel dat hy nie eens die mense om hom hoor rondskarrel nie. Hy en ’n hand vol vriende vertrek binnekort na ’n plaas naby Ellisras vir ’n jagnaweek en dit wemel van mense wat bagasie uitdra na die motors toe.

Dan kyk hy op en ’n groot glimlag speel om daardie potblou oë. Hy’s so lank dat dit lyk asof hy homself oopvou toe hy van die roomkleurige rusbank opstaan. Die reus van die Afrikaanse musiekwêreld lyk weer soos toe ons hom leer ken het: lank, gespierd, kitaar in die hand.

Dozi is terug.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 28 April 2011