Die basiese inligting:

Die saak vind plaas by die Pretoriase landdroshof.

Oscar is tans vir die tweede agtereenvolgende dag in die hof waar hy aansoek doen om borgtog. Dit is nog nie die verhoor nie.

Hy word aangekla van moord met voorbedagte rade weens die dood van die model Reeva Steenkamp.

Dit word gesien as ‘n Skedule 6-misdryf. As ’n verdagte ingevolge Skedule 6 van die Strafproseswet aangekla word (wat beplande moord insluit), moet hy bewys daar is wesenlike en dwingende omstandighede wat sy vrylating op borgtog regverdig.

Die rolspelers in die hof is:

Die landdros is Desmond Nair.

Adv. Barry Roux SC, een van die land se voorste advokate in strafsake, verdedig Pistorius. Roux se opdraggewende prokureur is Kenny Oldwage.

Adv. Gerrie Nel, die voormalige hoof van die Sker¬pioene in Gauteng, is die aanklaer.

Oscar se gesin:

Henke Pistorius is Oscar se pa.

Carl Pistorius is Oscar se ouer broer.

Aimee Pistorius is Oscar se suster. Oscar is die middelkind.

Arnold Pistorius is Oscar se oom.

Oscar se ma, Sheila, is dood toe hy 15 was.

Ander persone wat reeds in die hof genoem is:

Johan Stander is die landgoedbestuurder waar Oscar woon. Oscar het hom na bewering na die skietery gebel.

Ao. Hilton Botha is die ondersoekbeampte wat in die hof getuig het.

Volg ons regstreeks twiets uit die hof hier.

-Foto: PAN MEDIA