Die ooievaar is omtrent bedrywig onder bekendes. Net twee dae nadat die Expresso-aanbieder Elana Afrika-Bredenkamp en haar man, die radio-omroeper Ian Bredenkamp, aangekondig het hulle verwag hul tweede kind, kom die nuus dat nog ’n bekende paartjie vir die tweede keer ouers word. Die gewilde sanger en TV-persoonlikheid Emo Adams en sy vrou, Michelle, is weer swanger!

A photo posted by emo adams (@emo_adams) on

Die Jou Show-aanbieder het ons omtrent laat kop krap toe hy pas op Facebook en Twitter ’n foto van ’n broodjie in ’n oond sit met die onderskrif “in ander lente nuus. . . ”
Sy skoonma en agent, Olivia Gildenhuys, het pas aan ons die nuus bevestig dat die glanspaar, wat op Nuwejaarsdag vanjaar getrou het, weer swanger is. “Ek kan bevestig dis waar.” Die paartjie het reeds ’n 13 maande oue seuntjie, Kadar Zayn. Hulle deel gereeld kiekies van die skattige kleinding op sosiale media.

Ons kan nie wag om die jongste toevoeging tot die Adams-gesin te sien nie. Veels geluk, julle!