Ja, die ooievaar is besig onder van ons gunsteling-bekendes. Die sangers Bobby van Jaarsveld, Riana Nel en Elizma Theron is nie die enigste bekendes wat die afgelope week ouers geword het nie . . . Die Getroud met Rugby en Bakgat!-aktrise Ciske Kruger en haar man Kristof Kruger se dogtertjie, Klara, het ook Vrydag haar opwagting gemaak.

A photo posted by @ciske79 on

As ’n mens so kyk na ’n oulike foto wat Ciske Dinsdag van Klara op Instagram gedeel het, lyk dit asof die klein poppie reeds haar trotse ouers om haar pinkie draai. Ciske het hulle dogtertjie as ’n groot seën beskryf en geskryf: “Dankie Jesus”. Lees ook: Jeanine Victor se Shaun-Michael kry ’n sussie met die mooiste naam! Die pragtige aktrise was ook onlangs is in die kykNET-sepie Binnelanders te sien waar sy die rol van Zeldine vertolk het. Sy en haar liefie Kristof, ’n sakeman van Johannesburg, sal in Mei ’n jaar getroud wees. Klara is Kristof se eerste kind.

A photo posted by @ciske79 on

Ciske is ook die mamma van Amelie (uit haar huwelik met die akteur Ivan Botha). Amelie het in 2016 met haar skoolloopbaan begin en is nou in gr.1. Ciske het die mooiste foto’s op Instagram gedeel tydens haar swangerskap. Hier is ’n paar van die mooistes: Mamma wys sy is swanger

A photo posted by @ciske79 on

Mamma wys hoe magie groei

A photo posted by @ciske79 on

Mamma wys hoe magie nog meer gegroei het

A photo posted by @ciske79 on

Ousus Amelie bly darem nie agterweë nie;-)

A photo posted by @ciske79 on

– Marisa Fockema

Ander stories op Huisgenoot.com

Vrou kwyn stadig weg in huisbak ná werkers haar daarbinne vergeet

Vierjarige seun van Roodepoort gee eerste treë op herstelpad

‘Celeste, ek het nooit jou kind uit jou arms gevat nie,’ sê Zephany se grootmaakma in hof

Woedende ma verneder haar ‘boelie-seun’ op Facebook