Borrelende Elana Afrika-Bredenkamp en Ian Bredenkamp het vandag ouers geword van 'n pragtige klein dogtertjie.

Die glanspaartjie het haar aankoms so op Facebook aangekondig:

Liewe vriende en familie

Ons is so bly om aan te kondig dat ons babatjie, Esther Beth Afrika-Bredenkamp vanmiddag 12:31 gebore is. Sy weeg 2,97 kg. Sy's pragtig! Dankie vir al jul gebede, Elana en Esther Beth doen beide goed.

Ian + Elana

Baie geluk aan die nuwe ouers, ons sien uit daarna om kleine Esther Beth te ontmoet!