Die ooievaar is omtrent aan die gang onder Suid-Afrika se bekendes! Rolanda Marais het vandeesweek die nuus van haar en haar man, Jozua Malberbe, se eersteling se koms bekendgemaak.

Happy birthday to the best husband in the whole wide world @jozimad #luckymeisie

A photo posted by Rolanda (@rolandamarais) on

Die aktrise het Woensdag 20 Julie op haar Facebook-blad geskryf sy deel die nuus met groot opwinding. “Een van die dae gaan ons gesin een lyfie groter word.”

Rolanda is vyf maande swanger; hul dogtertjie word vroeg in Desember verwag.

Sy het aan Sarie.com gesê sy en haar man, Jozua Malherbe, het dit nie beplan nie en sy is aanvanklik onkant gevang. “Daar moet ’n rede wees waarom mens nege maande swanger is. Dit gun jou genoeg tyd om gewoond te raak aan die lewe wat in jou is.”

Rolanda het gesê sy sou dit nie sonder Jozua kon doen nie. “Wel, natuurlik nie, maar sonder hom spesifiek. Hy maak my kalm en hy gaan ’n ongelooflike pa wees.”

Kurt Darren en sy vrou, Dunay, se tweede kind, ’n seuntjie, maak ook later vanjaar sy opwagting. Die sanger het die nuus einde Maart op Twitter aangekondig met ’n foto van hul eersteling, Kyrah, by ’n swartbord waarop die nuus staan: “Ek kry ’n maatjie.”

[caption id="attachment_121445" align="alignnone" width="600"]Dié foto is op Kurt se Facebook-blad gedeel. Dié foto is op Kurt se Facebook-blad gedeel. [/caption]
Kurt en sy vrou is in 2011 getroud en Kyrah is in November 2014 gebore. Arno Jordaan het op 11 Mei op sosiale media aangekondig hy en sy vrou, Lizanie, verwag hul tweede seuntjie. Die baba word volgende maand verwag.
Zetske van Pletzen en haar man, Altus Theart, het hul eersteling se geslag op 27 Maart op Facebook met ’n foto van hulle by blou ballonne en die woorde “It’s a boy” aangekondig.

It's a boy! Gaan follow asb @halomaternity

A photo posted by Zetske van Pletzen (@zetskevpletzen) on

Op 18 Julie het sy ’n foto van babawiegies uit hout gedeel en daarby geskryf: “Hierdie plek het die mooiste en beste meubels vir ’n babakamer! Ons wiegie is besig om gemaak te word! Kan nie wag nie!”

In ’n onderhoud met kykNET het Altus gesê die nuus dat hy gaan pa word was “seker die awesome-ste nuus wat ek al ooit gekry het! Maar ek moet bysê ek was ook nog nooit so op my senuwees gewees nie – ’n opgewonde senuagtigheid!”

Bekendes wat reeds pajamadril doen, is Desire Gardner en haar man, Chris, wie se baba, Robin Grace, op 18 Julie gebore is. Chris werk van Augustus af op die Suidooster-stel waar hy die beligting behartig.

Andriëtte en haar man, Glynn Moolman, het ook pas aangekondig hulle verwag hul eerste baba saam. Glynn, ’n biokinetikus, wat voor hul troue ’n enkelpa was, het ’n kleuterseun.

Francois van Coke en sy vrou, Lauren Badenhorst verwag ’n dogtertjie, wat in November gebore word.

Jay du Plessis en sy vrou verwag hul vierde kind, ’n seun. Jay het op 20 Mei op Facebook geskryf: Ons het pas uitgevind ons baba van drie maande in Mamma Mia se magie is gesond en volledig! Ons is vir die Here dankbaar vir die groot geskenk!

“Dit is ’n seun! So nou het ons amper ’n derde van ’n rugbyspan . . . Ons is geseënd en vol opgewondenheid. Nou vir die naamsoektog en om Mamma gesond en rustig te hou. (As julle gewonder het, ek is nou definitief klaar) Yeeeeeeehaw!!” het Jay geskryf. Angelique Gerber en haar man, Jacques Potgieter, verwag hul eersteling. As dit ’n seuntjie is, gaan hulle hom Jacques noem. Angelique het op 20 Julie foto’s van haar boepie gedeel, waarby sy skryf: “Ná verskeie versoeke oor hoeveel weke ek swanger is en hoe die boep lyk, het ek laaank en hard gedink of ek moet deel. Dit is die beste ding wat nog ooit met my gebeur het en hoekom dit nie met almal deel nie. Ek is 23 weke en voel fenomenaal, om ons klein seuntjie te voel skop en beweeg.”