So het Ian Bredenkamp die aankoms van sy en Elana Afrika-Bredenkamp se bondeltjie vreugde laat Vrydagmiddag in die sosialemedia gedeel.

Elana kon eenvoudig nie haar opgewondenheid beteuel in afwagting van die nuweling se koms nie. Vier dae gelede het sy dié oulike foto op Instagram gedeel, min wetend dat die poplap ewe haastig sou wees om die skoentjies aan te trek.

Baie geluk aan die Bredenkamp-gesin. Ons kan nie wag om jul nuwe dogtertjie te ontmoet nie!