[caption id="attachment_167692" align="alignnone" width="600"]Foto: Pixabay Foto: Pixabay[/caption]

Twitter het Twitter Lite , ’n webondervinding wat aansienlik minder data sal gebruik, maar op stadige verbindings, soos 2G, tot 30% vinniger sal oplaai, onlangs van stapel gestuur. Die diens is ontwerp vir lande soos Indië, gedeeltes van Afrika en Suid-Amerika, waar die meeste selfone nog steeds op stadige internetverginding moet staatmaak. Volgens Twitter sal mense met Android-toestelle wat Google Chrome aandryf, bevorderingskennisgewings van Twitter Lite se selfoonwebwerf op hul Smartphones of tablette kan ontvang. Twitter Lite sal ook twiete ongekoppel kan versamel en dit sal gebruikers in staat stel om dit te gebruik, selfs al raak hul verbinding stadiger.  

Wat kan dit doen?

Daar is geen rede tot kommer nie, want al die eienskappe van die gewone Twitter-toepassing of -webwerf, soos byvoorbeeld jou tydlyn, twiete, regstreekse boodskappe, neigings, profiele, media-oorplasings en kennisgewings sal nog steeds beskikbaar wees, alhoewel die ontwikkelaars ’n klompie slim opsies bekendgestel het om data te bespaar, en dit maak die gebruik van Twitter natuurlik nog goedkoper.

" ’n Databesparingsmodus wat die hoeveelheid selfoondata wat gebruik word, nog minder sal maak. Jy sal in hierdie modus ’n voorskou kan kry van foto’s en video’s voordat jy dié kies wat jy ten volle wil aflaai. Dit kan jou dataverbruik met meer as 70% verlaag en dit dus bekostigbaarder kan maak om Twitter te gebruik in streke waar selfoondata duur is,” het Twitter in hul blog geskryf.

Die diens is van vandag af vir alle gebruikers ter wêreld beskikbaar en jy kan dit kry deur mobile.twitter.com op jou slimfoon of tablet te besoek, Jy kan meer inligting aangaande Twitter Lite by lite.twitter.com kry.

Bronne: Twitter