Weg is Ons Lieflinge, weg is die balrokke en weg is sommer ’n hele klomp kilogramme.

Die nuwe Corlea Botha is viets, funky en, ja, hoogs verlief en dan is daar ook nog ’n nuwe man in haar lewe . . .

In die Huisgenoot van 21 Julie gesels Corlea met ons oor haar spoggerige nuwe voorkoms en al die veranderinge wat sy die laaste ruk moes deurmaak.

‘‘Met Rudi was ek in ’n gemaksone en was ek meer bekommerd oor of my skoene en juwele by my rok pas as iets anders,’’ lag sy.

“Nou moet ek weer my eie besluite neem, en dis vir my baie opwindend.’’

Corlea praat ook met ons oor haar opkomende solo-album en ander sake van die hart en siel.

Lees meer in die Huisgenoot van 21 Julie.

Volg Huisgenoot op Twitter.