Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), die departement van maatskaplike ontwikkeling en Cash Paymaster Services (CPS) het laat Vrydagaand eindelik ’n ooreenkoms bereik rakende die betaalplan van 17 miljoen staatstoelaes in April.

sassamain

CPS was die diensverskaffer wat tot einde Maart betalings moes hanteer. Luidens die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, het die partye ’n ooreenkoms bereik ná drie dae van "intense onderhandeling".

Volgens Lumka kan Suid-Afrikaners, veral die begunstigdes van maatskaplike toelaes, gerus wees dat toelaes wel op 1 April uitbetaal gaan word.

Besonderhede oor die ooreenkoms tussen die partye gaan in ’n latere stadium bekendgemaak word, het hy bygevoeg.

Intussen het ook aan die lig gekom die direkteur-generaal van die departement van maatskaplike ontwikkeling, Zane Dangor, het bedank. Dit kom etlike ure ná die departement en Sassa verantwoordelikheid aanvaar het vir die toelae-sage van die afgelope paar dae.

Bron: News24