Die beste raad vir 'n seer keel?

Arnika: Spoel jou mond met ’n paar druppels arnika-ekstrak en warm water uit (moenie sluk nie). Arnika, ’n plant in die sonneblomfamilie, het ’n antiinflammatoriese uitwerking. Dit is in pilvorm of as aftreksel by gesondheidswinkels te kry.

Lourierblaar: Kook ’n hand vol lourierblare en druk hulle fyn tot ’n sagte, klam pap. Wanneer dit genoeg afgekoel het, smeer dit aan die buitekant van jou keel en los dit vir ’n halfuur daar. Lourier het antibakteriese en anti-inflammatoriese eienskappe en boonop is die hitte strelend.

Volg Huisgenoot op Twitter.

(Huisgenoot, 2 Februarie)