Die klas, wat aangebied word deur prof. Ricardo Dominguez, heet Visual Arts 104A: Performing the Self.
Ricardo sê glo hy sal enige student laat druip wat weier om kaal te wees tydens die eindeksamen.

Ricardo bied dit al die afgelope dekade aan. As deel van die eindeksamen word studente gedwing om ’n toets poedelkaal af te lê.

’n Ma van een van vanjaar se student het haar afkeer van Ricardo se ongewone vereiste luidkeels bekendgemaak. “Dis ’n perversie wat hier aangaan. Ek skaam my vir hom en die universiteit.”

Ricardo sê glo hy sal enige student laat druip wat weier om kaal te wees tydens die eindeksamen. Hy is self kaal terwyl dit afgelê word. Maar, meen hy, alles is baie smaakvol en die hele gedoente vind by kerslig plaas.

“Die afgelope elf jaar het ek nog nooit ’n klagte ontvang nie. As studente ongemaklik is met die naaktheid, moet hulle nie die kursus volg nie.”

Dr. Jordan Crandall, voorsitter van die universiteit se departement van beeldende kunste, keur Ricardo se vreemde vereiste goed. Hy meen dit maak sin, gegewe dit wat akademies van die studente verwag word.

Bronne: Telegraph; Daily Mail