paulwalker1

Luidens ’n lykskouersverslag het die Porsche waarin die Fast and Furious-ster Paul Walker gery het, dalk teen meer as 160 km/h voortgesnel voor hy en die bestuurder verongeluk.

Volgens die verslag wat Vrydag in Los Angeles uitgereik is, het Roger Rodas, Paul se vriend en finansiële raadgewer, die 2005 Porsche Carrera GT teen ’n onveilige spoed bestuur; ooggetuies skat dit was 160 km/h of meer.

Die verslag toon nie een van die mans het op die dag van die ongeluk alkohol of dwelms in hul gestel gehad nie.

Daarin word die twee sterftes op 30 November ’n ongeluk genoem weens die kombinasie van trauma- en brandwonde.

Die ondersoekers het geen meganiese probleme met die Porsche of probleme met die pad gekry nie.

-         Sapa