[caption id="attachment_92172" align="alignnone" width="620"]Lacey saam met Garnett-Paul in die hospitaal. (Fotobron: Facebook) Lacey saam met Garnett-Paul in die hospitaal. (Fotobron: Facebook)[/caption]

Lacey Spears van Scottsville, Kentucky, word aangekla van moord en manslag vir die dood van Garnett-Paul Spears ’n jaar gelede.

Die aanklaers sê sy het sout met ’n voedingsbuis in die seun se maag ingedwing. Hulle voer aan sy natriumvlakke het sonder mediese verklaring gevaarlik hoog gestyg en dit het gelei tot ’n geswolle brein, stuiptrekkings en die dood.

Intussen het Lacey haar volgelinge op sosiale media deurgaans op die hoogte gehou. Sy het tienduisende inskrywings tydens die kind se leeftyd gemaak en haar as ’n uiters toegewyde ma voorgehou.

Haar plasings, internetsoektogte oor natrium, en Garnett se hospitaalrekords sal as bewysstukke dien.

Daar sou Maandag begin word met die aanwys van die jurie.

[caption id="attachment_92170" align="alignnone" width="620"]Lacey saam met Garnett-Paul. (Fotobron: Facebook) Lacey saam met Garnett-Paul. (Fotobron: Facebook)[/caption]

Bronne: Mail Online, News.com.au, CBS News