Dit is ’n algemene en angswekkende verskynsel op Suid-Afrikaanse paaie – jong kinders in motors wat tydens spitsverkeer op iemand se skoot sit, rondspring of op die sitplekke staan.

Motors is nie ontwerp om kinders veilig te hou nie. Die binnekant van ’n motor is nie ’n kindervriendelike plek nie; ons moet dit self beveilig deur kindersitplekke te gebruik. Daar is drie soorte kindersitplekke: dié vir babas, vir kleuters en ’n kussing vir wanneer hulle groter is. Gewone veiligheidsgordels is vir volwassenes ontwerp, gewoonlik iemand langer as 1,5 m, en kinders is ’n ruk gewoon net nie so lank nie. Dieselfde geld ook vir lugsakke; hulle is ontwerp om volwassenes veilig te hou.

Weet jy hoe om ’n kindersitplek reg te installeer? Dié video wys jou hoe.