Jy sal verskoon word as jy dink die donkerkop-pragstuk is iewers tussen 20 en 25 jaar oud en sy moet nog die meedoënlose uitwerking van ouderdom beleef.

Hierdie vrou is egter heel waarskynlik deur haar menopouse – want die fantastiese dame wat jy op hierdie vrypostige kiekies sien, is 58 jaar oud! 

Pamela Prati, ’n aktrise, model, TV-aanbieder en sangeres van Italië, het, as gevolg van haar ongelooflik jeugdige voorkoms, ’n lojale gevolg op Instagram verwerf.

Haar 127 000 volgers word dikwels verstom, en een van hulle se kommentaar was: “Jy is nie werklik nie! Jy is soos ’n droom!”

So, waaraan skryf die 58-jarige haar skynbaar onverganklike voorkoms toe? ’n Gesonde lewenstyl wat hope oefening insluit.

Pamela se tydlose voorkoms is net nog ’n rede om jou liggaam lief te hê in jou jeugjare – dit sal beslis die liefde teruggee as jy ouer word.

Bronne: metro.co.uk, Daily Mail